Microbiology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Wolfaardt Lab

​​Biofilm.png​Hoof-navorsingstema: Van mikrobes tot die samelewing
Groepleier: Prof. Gideon Wolfaardt
NRF gradering: B2

Kontakbesonderhede:
Kantoor: AI Perold Gebou 2008
Tel.: +27 21 808 3039
Faks:+27 21 808 5846
Epos: gmw@sun.ac.za
Skakels



Sien Publikasies

​​

Navorsingsoorsig
Mikro-organismes vertoon uiters groot diversiteit in spesies en metaboliese aktiwiteite, met 'n merkwaardige invloed op omgewingsprosesse, gesondheid en nywerheid. 'n Hooffokus van ons groep is dus om die doeltreffendheid van biotegnologie prosesse soos water behandeling te verbeter, en om oplossings vir mikrobiologies-verwante probleme soos bio-aanpaksel, infeksie en kontaminasie te vind. Samewerking behels openbare en private ondernemings, sowel as kollegas van ander dissiplines om multi- en transdissiplinêre navorsing te bevorder, en om sosio-en tegno-ekologiese innovasie in lyn te bring.

Hoof projekte
  1. ERWAT Leerstoel in Water Bestuur, met die klem op die voortslepende mikro-besoedeling soos farmaseutiese, persoonlike sorg produkte en antimikrobiese middels, bestuur van patogene, asook biotegnologie vir hulpbron herwinning.
  2. Watersuiwering en aanbod met behulp van nuwe tegnologieë en deur die benutting van ekosisteemdienste.
  3. Implikasie van mikrobiese prosesse op grootskaalse bedrywighede, soos biofilmvorming en gefasiliteer neerslag in industriële en landbou waterlyne, en die langtermyn prestasie van kernafval bewaarplekke.
  4. Bakteriële volharding op vastestof-lug koppelvlakke en die rol van biofilms in antibiotika-weerstandbiedendheid.

Ons tegnieke
My navorsing het daarop gewys dat wanneer mikrobiese gemeenskappe gekweek word, die omgewing die uitkoms eerder as aseptiese tegniek definieer en dus is die behoefte om modelstelsels te ontwikkel geskik om mikrobiese gemeenskappe te kweek as toevoeging tot suiwer-kultuur studies raakgesien - om gebruik te word met ander ontluikende tegnologieë. Ek is vir 'n aantal jare betrokke by die ontwikkeling van eksperimentele stelsels vir die kweek en evaluering van mikrobiese gemeenskappe: oorspronklik met 'n multi-kanaal deurlopende vloeisel stelsel tot intydse studies van biofilm gemeenskappe wat 'n internasionale standaard in biofilm navorsing geword het - biofilm navorsingsgroepe regoor die wêreld gebruik die vloeiselle - met min of geen afwyking van die weergawe wat oorspronklik beskryf is (Wolfaardt et al. 1994), en is ook kommersieel beskikbaar gestel. Latere ontwikkelinge, gebaseer op die oorspronkilike konsep, sluit 'n optiese groot-area fotometer in (Bester et al 2005;. Saftic et al, 2005), 'n keramiek gebaseerde diffusie stelsel (Wolfaardt et al, 2008), 'n stelsel vir die bestudering van rotsfraktuur biofilms (Starek et al, 2011), CO2 evolusie metingstelsels (CEMS) wat geheel biofilm aktiwiteit intyds meet (Kroukamp and Wolfaardt, 2009; Bester et al. 2010; Kroukamp et al. 2010, Dumitrache et al. 2013) en ''micro-fluidics'' (Bester et al. 2013; Babaei Aznaveh et al. 2014; Gashti et al. 2015).