Microbiology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

'n Loopbaan in Mikrobiologie

Mikrobioloë werk bykans in elke moontlike bedryf met 'n verskeidenheid van verskillende werksgeleenthede, insluitend menslike gesondheidsorg en veeartsenykunde, die landbou sektor, vervaardiging van voedsel, drank, farmaseutiese en medisinale produkte, industriële mikrobiologie en biotegnologie, openbare gesondheid, forensiese wetenskappe, omgewingssektore soos soos water behandeling en suiwering, asook staats en private navorsing agentskappe en onderwysinstellings. Take van 'n mikrobioloog kan uiteenlopende van aard wees en sluit in basiese navorsing, proses ontwikkeling, produksie, tegniese dienste, gehaltebeheer, nakomingsbeheer of tegniese verkope. As jy as persoon van 'n verskeidenheid van verantwoordelikhede hou en geniet om oplossings vir probleme te vind en dinge maak werk, moet jy ernstig 'n loopbaan in hierdie gebied oorweeg.

Met mikrobiologie of biotegnologie as loopbaankeuse, moet jy bereid wees om 'n multi-dissiplinêre wetenskapsaanslag aan te gryp . Baie selde sal uitdagings beperk wees tot net een spesifieke gebied, en dikwels sal verskeidenheid van vaardighede en kundigheid in bykomende velde soos molekulêre biologie, biochemie, chemie, immunologie en biostatistiek vereis word.


Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Mikrobiologie (SAVM) ondersteun mikrobioloë en nuttige inligting kan van hierdie organisasie verkry word. Hulle doelwit is om tot die plaaslike mikrobiologiese wetenskappe by te dra. Hierdie nie-winsgewende professionele vereniging bestaan uit mikrobioloë wat in 'n verskeidenheid van verskillende instellings werk. Om 'n lid van SAVM te word benodig jy 'n minimum vereistes van 'n BA-graad in Mikrobiologie. 'n Ekwivalente tersiêre onderwysgraad in 'n verwante veld is ook aanvaar. Studente lidmaatskap opsies is ook beskikbaar.