| Hoof-navorsingstema: Mikrobiese ekologie en swamtaksonomie Groepleier: Prof Karin Jacobs NRF gradering: C2
Kontakbesonderhede: Kantoor: JC Smuts Gebou A331 Tel: +27 21 808 5806
Faks:+27 21 808 5846 Epos: kj@sun.ac.za | | Skakels:
Sien Publikasies
|
Navorsingsoorsig
Ons belangstelling is in die diversiteit en struktuur van mikrobiese gemeenskappe van grond, met 'n spesiale belangstelling in die grond mikrobiese gemeenskappe van die fynbosbioom. Ons doel is om die effek van verandering, deur menslike aktiwiteite, op grond gemeenskappe te verstaan. Ons vernaamste belangstelling is om die effek van verskillende aspekte van indringerplante op die grond gemeenskappe en die uitwerking daarvan op die grond prosesse en ekosisteemdienste te bestudeer. Deel van ons studie sluit in die dokumentasie van swam taksa van die omgewing. Ons het gefokus op Penicillium, Aspergillus, en ericoid mycorrhizae.
- Diversiteit van ericoid mycorrhizae van die fynbosbioom
- Diversiteit van Penicillium en Talaromyces spp. van die fynbos
- Die effek van indringerplante op die mikrobiese gemeenskappe in oewersones van fynbos en gevolge van skoonmaak praktyke
- Wortelsfeer gemeenskappe wat verband hou met wilde en kommersiële Cyclopia sp. en Aspalathus linearus plante
- Biodiversiteit in die wortelknoppies van Cyclopia sp. en Aspalathus linearus plante
- Entomopatogeniese swamme wat verband hou met indringer perdebye in die Wes-Kaap
- Die effek van verskillende stuifmeelbronne op die mikrobiese gemeenskappe van die Kaapse heuningby