Microbiology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Oor ons

Welkom by die Departement Mikrobiologie!

Departement Mikrobiologie 2016

Die Departement Mikrobiologie se historiese oorsprong kan teruggevoer word na 1918 met  Plantpatologie as gebied van kundigheid in die Fakulteit Agriwetenskappe. Vandag bestaan die departement uit 'n akademiese personeel komponent van 16 voltydse navorsers, buitengewone professore en navorsingsgenote, aktief in nege navorsingsgroepe met hul eie moderne laboratoriums.

Tans, spog die departement met 'n jaarlikse inname van 10 tot 15 BSc Honneurs studente en 'n senior nagraadse span van 30 tot 35 MSc-studente, 10 tot 15 PhD-studente en 6 tot 10-doktorale genote. Tussen 25 en 35 navorsingsartikels word per jaar in hoog aangeskrewe internasionale tydskrifte gepubliseer. Die konstante lewering van hoë gehalte publikasies en 'n hoë vlak van onderrig en navorsing word in die uitstekende NRF evaluerings van personeel weerspieël.

Personeel van die departement neem aktief deel in 'n wye verskeidenheid van nasionale en internasionale aktiwiteite. Verskeie personeellede dien op die raad van geakkrediteerde tydskrifte, insluitend Applied and Environmental Microbiology, Beneficial Microbes, Biodeterioration & Biodegradation, International Journal of Food Microbiology, Journal of Applied Microbiology, Microbial Ecology, FEMS Microbiology Letters, Probiotics and Antimicrobial Proteins and South African Journal or Enology and Viticulture. Personeellede dien ook op die raad van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Mikrobiologie, die Royal Society of South Africa sowel as die komitee van dieInternational Union of Microbiology Societies (IUMS) en verskeie ander nasionale en internasionale wetenskaplike komitees.

Die sukses van die departement word aan 'n gemotiveerde span, uitstekende infrastruktuur en uitstekende finansiële ondersteuning van die NNS, Innovation Fund, THRIP, Suid-Afrika se Nasionale Energie Navorsingsinstituut (SANERI), Technology Innovation Agency (TIA), Mediese Navorsingsraad en die Waternavorsingskommissie toegeskryf. Die departement is ook trots op uitstekende finansiële ondersteuning van industriële vennote en die sluiting van die groot navorsingskontrakte.

Vir meer inligting oor die departement beskou gerus die Fakulteit Natuurwetenskappe se Jaarverslae.