AAD
Welkom by Universiteit Stellenbosch

65ste AKADEMIESE JAARDAG

18 - 19 AUGUSTUS 2021 (middae alleen)

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Borge​

Borgskapgeleenthede word aan ondernemings beskikbaar gestel om met mediese praktisyns, studente en verwante gesondheidswerkers te kan skakel.​ 

Waarom deelneem as 'n borg?

  • Om u sigbaarheid voor die konferensie deur bemarkingsdekking (webtuiste / sosiale media / e-pos) te verhoog
  • Om u profiel bo dié van u mededingers uit te lig
  • Om herkenning te verhoog en verkeer na u Trade Corneruitstalling / webwerf te lei
  • Om 'n bemarkingsplatform via handelsmerkgewing en erkenning te bekom
  • Om 'n bydrae te lewer tot en aktief betrokke te wees by die ontwikkeling en groei van die bedryf en diegene wat praktiseer as mediese praktisyns
  • Om 'n groter beleggingsopbrengs te lewer (Die borg van 'n geleentheid is dikwels meer koste‑effektief as ander advertensiemetodes.)
  • Om tot die opheffing van wetenskap en tegnologie by te dra
  • Om u onderneming se waargenome beeld te verhoog deur 'n betroubare instelling te borg
  • Om die respek van en geloofwaardigheid by die teikengehoor te bekom
  • Om sigbaarheid vir een maand ná die konferensieafsluiting en vir die duur van die “op aanvraag"besigtiging op die virtuelekonferensieplatform te bekom 

Waarom as 'n virtuele uitstaller deelneem?

  • Om interaktiewe gesprekke met virtuele afgevaardi​gdes te hê
  • Om eentoteenvergaderings met virtuele afgevaardigdes vooruit te bespreek
  • Om nuwe produkte bekend te stel
  • Om die bestaande gewildheid van produkte te versterk
  • Om verkoopskontakte op te bou​


​​​KLIK ​HIER om die maatskappybrief af te laai enhier​ om die voornemevorm af te laai.

Die volgende borgskapgeleenthede is tydens die JAD 2021 beskikbaar. Moet dit nie misloop nie!
​​
​​​ 
Borgskapgeleenthede​​ Alle tariewe sluit BTW in
1.Sessieborgskap (verskeie opsies is beskikbaar) (Die naam van die borg word aan die betrokke sessie gekoppel en sluit 'n advertensiegeleentheid van een minuut in.)R15 000
2.Advertensie op die virtuele portaalR7 500
 Eenminuutadvertensie (vier opsies is beskikbaar)R7 500
3.Webtuiste- en VPOmoniteringsborgskapR20 000
4.

Virtuele uitstalling:

  • U maatskappy-logo verskyn op die JAD se virtuele platform
  • 'n Direkte skakel na u maatskappywebblad word geplaas
  • 'n Beskrywing van u maatskappy word geplaas
  • 'n Direkte skakel na u maatskappy se sosialemediarekenings word geplaas
  • U kan 'n video van een minuut na die virtuele JADplatform oplaai
  • U kan 'n brosjure na die virtuele JADplatform oplaai
R7 500​

IB logo png.png
Aspen Logo3.png 
GSK Logo2.jpg