Statistics and Actuarial Science
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Wiskundige Statistiek

Statistiek is die wetenskap wat betekenis gee aan kwantitatiewe inligting. Statistici gebruik wiskundig-statistiese en waarskynlikheidsmodelle om data te beskryf en te ontleed. Op grond van hierdie ontledings kan gevolgtrekkings en berekende besluite onder toestande van onsekerheid geneem word.

Studente wat statistiek bestudeer, leer analitiese vaardighede aan wat hulle voorberei op wetenskaplike besluitneming in die sake- en nywerheidswêreld. Na die suksesvolle voltooiing van hul studies en voldoende praktiese ondervinding, kan hulle die professionele kwalifikasie van geoktrooieerde of gesertifiseerde statistikus verwerf.

Statistiek is waarlik 'n interdissiplinêre wetenskap wat op verskeie gebiede gebruik kan word:

  • Gesondheid en medisyne, bv. die daarstel van kliniese toetse vir 'n nuwe farmaseutiese middel;
  • Besigheid, bv. die berekening van die verbruikersvraag na 'n nuwe produk of die optimering van die opbrengs van beleggingsportefeuljes;
  • Regering, bv. die ontleding van sensus- en misdaaddata;
  • Omgewing/landbou, bv. die ekstrapolering van renostergetalle;
  • Nywerheid, bv. die ontwerp van eksperimente en optimering van prosesse.

Statistici is dus besonder gesog in die sake-, nywerheid-, navorsing- en openbare sektore waar hul posisies beklee soos data-ontginningseksperte, databestuurders, statistiese en besigheidsanaliste. Gekwalifiseerde studente kan uitsien na 'n opwindende en lonende beroep, waarin hulle meestal met die bestuur van groot organisasies gaan saamwerk.

Die wiskundige statitiek program is 'n meer teoretiese program en dit fokus op die onderliggende wiskunde teorieë van die statistiese tegnieke wat gebruik word.