Departement Statistiek en Aktuariële Wetenskap
Welkom!
’n Mens kan vandag enige artikel in die media lees en kort voor lank sal iemand iewers numeriese gegewens rapporteer. Moderne tegnologie genereer groot volumes data en inligting oor enigiets onder die son; dus word toenemend staat gemaak op goed opgeleide beroepslui om dit te ontleed. Hulle interpreteer die resultate van die ontledings en die insigte wat daaruit voortvloei, maak beter besluitneming oor belangrike sake moontlik.
Die kursusse wat deur die Departement Statistiek en Aktuariёle Wetenskap van die Universiteit Stellenbosch aangebied word, is ontwerp om die skaars vaardighede wat hierdie beroepslui benodig, te ontwikkel. Voornemende studente kan uit ’naantal graadprogramme kies wat tot beroepe in onder meer Statistiek, Aktuariёle Wetenskap en Finansiёle Risikobestuur lei.
- Kliek hier om die Departement se Opedag webtuiste te besoek.
Die foto hieronder is geneem in 2002 tydens prof CR Rao se besoek aan die Departement. Prof Rao sterf op 22 Augustus 2023 op die wonderlike en rype ouderdom van 102 (twee weke voor sy 103de verjaarsdag) na 'n buitengewone akademiese loopbaan wat begin het in 1941 met sy voorgraadse studies in Statistiek in Kokata, Indiё. Die Departement Statistiek en Aktuariёle Wetenskap eer sy enorme nalatenskap tot die vakgebied in Statistiek.