Statistics and Actuarial Science
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Programme

Die Departement Statistiek en Aktuariële Wetenskap, een van die Fakulteit se agt departemente, beskik oor 'n netwerk van nasionale en internasionale medewerkers. Dit sluit SAS ('n wêreldwye sagtewaremaatskappy), Eskom, Sasol en Novare in. Hierdie akademiese en sakevennootskappe stel ons studente in staat om hul kennis en vaardighede op probleme in die praktyk toe te pas.

Ons streef daarna om 'n dinamiese en stimulerende leeromgewing te skep.  Ons bekwame dosente en navorsers, tesame met gasdosente en praktiserende kundiges, verskaf 'n innoverende en relevante leerondervinding. Daarbenewens het die departement toegang tot uitmuntende moderne tegnologie, rekenaar- en biblioteekfasiliteite.

Vaardighede wat jy kan ontwikkel

Ons baccalaureusgrade behels drie jaar se studie en lei tot nagraadse studie. Alle studente neem min of meer dieselfde vakke in die eerste jaar. Vanaf die tweede jaar kan jy jou gekose studieveld volg.

Ongeag die vakke wat jy kies, gaan jy gespesialiseerde wiskundige en statistiese modelleringskennis opdoen, asook uitstekende sakevernuf, baie toepaslike rekenaarvaardighede, die vermoë om projekte te bestuur en probleme kreatief te analiseer en op te los.

Waar jy moontlik kan werk

Afhangende van jou belangstellings en vaardighede kan jy 'n loopbaan volg by een van die volgende:

  • Private korporatiewe maatskappye, waar risiko's geëvalueer en strategiese besluite geneem moet word;
  • Regering, die openbare sektor en die industrie waar omvangryke datastelle ontleed moet word;
  • Konsultasiemaatskappye wat byvoorbeeld gevorderde afgeleide finansiële prysingsprosedures moet evalueer;
  • Finansiële dienstebedryf, waaronder banke, versekerings- en batebestuursmaatskappye;
  • Ouditmaatskappye;
  • Universiteite (as akademici);
  • Navorsingsinstellings.

Al die baccalaureusgrade wat deur die Departement Statistiek en Aktuariële Wetenskap aangebied word, gee studente toegang tot nagraadse studie en/of professionele kwalifikasies. Ons graduandi is inderdaad wêreldwyd in aanvraag vir stimulerende, uitdagende en finansieel lonende posisies.

Sluitingsdatum vir 2021 studies

Voorgraadse aansoeke: Besoek asb die Universiteit se webblad by www.sun.ac.za/. Alle nagraadse programme aangebied deur die Departement asook enige losstaande module registrasie (selfs vir nie-graaddoeleindes): 30 September 2020 vir 2021 studeies.

Graadprogramme

  • BCom (Wiskundige Wetenskappe)
  • BCom of BCom (Ekonomiese WetenskappeEconomic Sciences)
    • Statistiek (wat meer toegepas is as Wiskundige Statistiek) is die hoofvak.
  • BCom (Aktuariële Wetenskap)
    • Gemik op studente wat aktuarisse wil word
    • Saamgestel sodat suksesvolle studente vrygestel word van sommige van die professionele eksamens wat deur die Aktuariële Vereniging van Suid-Afrika (AVSA) vereis word. Om as 'n aktuaris te kwalifiseer en as 'n Genoot van AVSA te registreer, moet studente professionele eksamens slaag en gepaste werksondervinding opdoen. Dit kan 'n verdere drie tot ses jaar duur na afloop van die suksesvolle voltooiing van die graad  BCom (Aktuariële Wetenskap).
  • BSc (Wiskundige Wetenskap)