Industrial Psycholohy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Geskiedenis

 


Geskiedenis van die Departement van Bedryfsielkunde

​​​

 

Ons is waarskynlik die oudste Departement van Bedryfsielkunde in die land. Die eerste kursus in Bedryfsielkunde was  in 1943 aangebied onder die vaandel van die Departement van Sielkunde. Teen 1949 was dit tot op derdejaarsvlak aangebied.  Prof PA Theron van die Departement van Sielkunde was die aangewese dosent.  In 1963 is Bedryfsielkunde as departement binne die Handelsfakulteit gestig (tans die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) met Prof IJ van Biljon, wat tot op daardie stadium verbonde was aan die Departement van Sielkunde, as die eerste hoof van die departement. Vanaf 1966 was die departement eers gehuisves in ʼn skilderagtige klein geboutjie (dit was eers Stellenbosch Hospitaal) oorkant die Van der Sterr-gebou. Die gebou is gedurende die sewentigs gesloop en die Schumann-gebou was  in sy plek opgerig.  In 1971 verskuif die Departement van Bedryfsielkunde na wat eens die Fakulteit Opvoedkunde-gebou was. Gedurende die duur van 2012 tot 2013 het die departement die gebou ontruim (nou bekend as die Bedryfsielkunde gebou) en tydelik die ou gebou van fasiliteitsbestuur beset terwyl die gebou opgeknap word. Gedurende die verloop van Julie 2013 het die departement teruggetrek na die gebou, wat nou bekend is as die Wiskundige Wetenskappe en Bedryfsielkunde-gebou.

Prof IJ van Biljon, wat later die Dekaan van die Fakulteit van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe word, was deur Prof IvW Raubenheimer opgevolg as departementshoof (wat later die Dekaan van die Fakulteit van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe by die Randse Afrikaanse Universiteit word), Prof AJ van Wyk (later die Hoof-Direkteur, Menslike Hulpbronne, Universiteit van Stellenbosch, Prof LC de Jager, Prof JCD Augustyn, Prof D Tromp (voorheen Hoof-Direkteur van die Nagraadse Bestuurskool), University of Stellenbosch, Prof AS Engelbrecht, Dr WS de Villiers, en die huidige Hoof, Prof D.J. Malan (voorheen die Dekaan van die Fakulteit van Militêre Wetenskappe).

Voorgraadse studente kan nou vir drie verskillende programme registreer: BCom (met fokusarea Menslike Hulpbronbestuur), BA (Menslike Hulpbronbestuur) of BCom (Bedryfsielkunde). Op nagraadse vlak bied ons honneurs- en magisterprogramme in Bedryfsielkunde aan en honneurs- en magisterprogramme in Menslike Hulpbronbestuur.  Dit is ook moontlik om vir ʼn vol-tesis opsie in die Menslike Hulpbronbestuur magisterprogram in te skryf.  Al ons voorgraadse en nagraadse programme is geakkrediteer by die SABPP, en ons Bedryfsielkunde magisterprogram is geakkrediteer vir die doel van opleiding en registrasie as Bedryfsielkundige.   Ons bied ook ʼn BPsig Ekwivalensie Program aan vir die opleiding van psigometriste in onafhanklike praktyk, wat volg op ons HonsBCom (Bedryfsielkunde) program.​