Industrial Psycholohy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Gedragskode

​​Die doel van die Gedragskode is om die werksplekkultuur van die Departement van Bedryfsielkunde te vestig en te ontwikkel.  Die doel is nie om streng reëls voor te skryf nie, maar eerder om riglyne vir aanvaarbare gedrag daar te stel. Om hierdie doel van die Kode te laat realiseer, word die hoogste standaarde van professionele en etiese gedrag, prestasie, eerlikheid, hoflikheid, respek en lojaliteit van elke betrokkene verwag word.

Die akademiese en nie-akademiese personeel van die Departement van Bedryfsielkunde:

  • demonstreer ʼn kliënt-gerigte benadering in hul houding en aksies teenoor al die belanghebbendes betrokke by die departement;
  • is innoverend en ontvanklik vir nuwe idees;
  • streef voordurend na die hoogste standaarde in opvoeding, navorsing, diens, professionele beeld, deursigtigheid en vertroue in hul verhoudings met al die belanghebbendes;
  • skep ʼn omgewing waar dit moontlik is vir openlike en eerlike interaksie en kommunikasie en waar informasie vrylik gedeel word;
  • Neem ʼn professionele, redelike en volwasse benadering aan wanneer met konflik en griewe gedeel word;
  • Sal nie onbillik diskrimineer, direk of indirek, in hul gedrag teenoor kollegas en kliënte op enige van die gronde soos in die Handves van Menseregte uiteengesit nie;
  • Skep ʼn werksomgewing wat sensitief is vir diversiteit van die Suid-Afrikaanse samelewing en wat vry is van enige vorm van rasisme soos gedefinieer in die relevante nasionale wetgewings;
  • Ondersteun self-ontwikkeling deur geleenthede te gebruik om toepaslike vaardighede te bekom en te ontwikkel;
  • Streef voortdurend om maniere te vind om persoonlik by te dra tot die Departement se missie;
  • Is daartoe verbind om ongelykhede van die verlede aan te spreek en om ʼn konstruktiewe rol te speel in die skep van meganismes om ongelykhede in die toekoms uit te skakel.