Welkom by Departement Afrikaans en Nederlands
Verlede jaar was dit die Departement Afrikaans en Nederlands se eeufeesjaar.
Wat hou die volgende eeu in? Volg ons op sosiale media en hou ons nuusblad dop om op hoogte te bly.
Wil jy uitnodings en nuus in jou e-posbus ontvang? Klik op intekenknoppie om jou naam op ons verspreidingslys te sit.
Meer oor ons
Die Departement Afrikaans en Nederlands is 'n uitsonderlik diverse
sentrum van vakkundigheid in deurlopende gesprek en samewerking met ander
nasionale en internasionale taalgebiede en -professies. Gehalte-navorsing
onderlê die uiteenlopende aktiwiteite wat sentreer om die Departement se
gevestigde kern, naamlik die studie en onderrig van Afrikaanse en Nederlandse
letterkunde, taalkunde en toegepaste rigtings. Daarbenewens lewer die
departement ’n besonder wye aanbod van akademiese sowel as praktykgerigte,
meertalige opleiding in skeppende skryfwerk, leksikografie, vertaling, tolking en redigering.
Klik HIER om meer oor die geskiedenis van die Departement Afrikaans en Nederlands te lees.
Aanlyn Opedag 2022