Die Departement Wingerd- en Wynkunde bied nagraadse programme in Wingerdkunde, Wynkunde en Wynbiotegnologie aan as volg:
878 MSc of MScAgric (Voedsel- en Wynproduksiestelsels)
Die Magister programme in Voedsel- en Wynproduksiestelsels lei tot een van die volgende kwalifikasies: MScAgric (Wynkunde), MScAgric (Wingerdkunde), MSc (Wynbiotegnologie of Voedselwetenskap).
33103 878 MScAgric in Wynkunde
Program beskrywing
Onderwerpe vir die magistergraad word in oorleg met die betrokke dosent vir elke voornemende student bepaal. 'n Navorsingsonderwerp kan uit die volgende temas gekies word: wynmikrobiologie; wynchemie; analitiese metode ontwikkeling, en sensoriese metodiek en analises. 'n Verdere doelwit is die verdieping van vakkundige kennis deur selfstudie.
33103 : Wynkunde | 878(180): Magistertesis |
33081 878 MScAgric in Wingerdkunde
Program beskrywing
Onderwerpe vir die magistergraad word in oorleg met die betrokke dosent vir elke voornemende student bepaal. 'n Navorsingsonderwerp kan uit die volgende temas gekies word: molekulêre aspekte van kernprosesse in druifplante; gevorderde wingerdfisiologie; klimaatsverandering; ontleding van ruimtelike patrone; korrelrypwording en tafeldruiwe. 'n Verdere doelwit is die verdieping van vakkundige kennis deur selfstudie.
33081 : Wingerdkunde | 878(180): Magistertesis |
50997 878 MSc of MScAgric in Wynbiotegnologie
Program beskrywing
Navorsingsprojekte kan uit die volgende temas gekies word: Die seleksie en genetiese verbetering van wyngiste en -bakterieë ten einde die doeltreffendheid van wynfermentasies en-prosessering te verhoog, en om die heilsaamheid en sensoriese eienskappe van wyn en ander druifgebaseerde dranke te verbeter; die metaboliese herprogrammering van giste; die rol van transkripsiefaktore en seintransduksie in seldifferensiasie; genetiese verbetering van wyndruifkultivars ten opsigte van siekteweerstand en stresbestandheid.
50997: Wynbiotegnologie | 878(180): Magistertesis |
978 PhD (Voedsel- en Wynproduksiestelsels)
Program beskrywing
Dié
program lei tot een van die volgende kwalifikasies: PhD (rigtings Wynkunde,
Wingerdkunde of Wynbiotegnologie) of PhD
(Voedselwet). Die program konsentreer op navorsing in die verskillende
spesialiteitsgebiede van Voedsel- en Wynproduksiestelsels en lewer
vakspesialiste in die rigtings voedselwetenskap, wynkunde, wingerdkunde,
wingerdbiotegnologie en wynbiotegnologie. Vir elke studieveld word ʼn relevante
en praktykgerigte navorsingsprojek gekies
wat die student in kontak met die bedryf bring, tot probleemoplossing in die
betrokke bedryf lei en die student toerus om in ʼn afgeronde vorm tot die
navorsings- of beroepsmark toe te tree. Die program dra op ʼn hoë vlak by tot
navorsing in die Fakulteit AgriWetenskappe se navorsingsprofiel en lewer
professionele mense wat nasionaal en internasionaal in spanverband ʼn betekenisvolle
navorsings-, onderrig- en beleid makende rol in spesialiteitsvelde van
volhoubarevoedselproduksie
en -sekuriteit op ʼn omgewingsvriendelike wyse kan speel.
33103 : Wynkunde | 978(360): Doktorale proefskrif |
33081 : Wingerdkunde | 978(360): Doktorale proefskrif |
998 DSc (Voedsel- en Wynproduksiestelsels)
Program beskrywing
Die graad
DSc word toegeken aan kandidate wat minstens vyf jaar in besit is van
onderskeidelik die PhD, PhD (Agric) of
die PhD (Voedselwet) van hierdie Universiteit of van ʼn ander kwalifikasie wat
na die oordeel va n die Senaat voldoende is, of vir minstens sewe jaar in besit
is van die MSc, MScAgric of MScVoedselwet van hierdie Universiteit of van ʼn ander
kwalifikasie wat na die oordeel van die Senaat voldoende is, gevorderde
oorspronklike navorsing en/of skeppende werk in die Landbouwetenskappe of Voedselwetenskap
gelewer het, oorspronklike en reeds gepubliseerde werk(e) van ʼn hoë standaard
ingelewer het wat na die oordeel van die Senaat toon dat die kandidaat ʼn wesenlike
en hoogstaande bydrae tot die verryking van die kennis van die
Landbouwetenskappe of Voedselwetenskap gelewer het en ʼn mondelinge eksamen,
indien die eksaminatore dit vereis, ten genoeë van die Universiteit afgelê het.
.
33103 : Wynkunde | 998(360): DSc-navorsingsbundel |
33081 : Wingerdkunde | 998(360): DSc-navorsingsbundel |