Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Kontrakgoedkeuringsproses

​​​​By die aanvaarding van die projek voorstel stuur die kliënt 'n konsep-kontrak vir goedkeuring deur Afdeling Navorsingsontwikkeling (Navorsingskontrakkantoor) (ANO), of ANO stuur 'n standaard kontrak aan die kliënt vir oorweging.

  • ANO registreer die kontrak / projek, 'n lêer word oopgemaak en 'n kontraknommer word toegeken
  • Die kontraknommer is gekoppel aan die nuwe kostepunt​ wat vir elke kontrak / projek met  ̓n finansiële komponent, oopgemaak moet word
  • Na registrasie by ANO sal een van die regsverteenwoordigers  die kontrak nagaan en indien nodig sal ANO die kontraktuele bepalings met die kliënt onderhandel
  • ANO skakel met Finansies, InnovUS, Versekering en Etiek waar nodig om te verseker dat die US voldoen aan al die bepalings van die kontrak en toepaslike wetgewing
  • 'n Brief van goedkeuring deur ANO word aan die kontrak geheg en aan die US se gemagtigde ondertekenaar gestuur nadat:

• ANO en die kliënt ingestem het op die bepalings

• Die navorser gemaklik is met die ​begroting, mylpale en afleweringsdatums​

 ​​Die interne verklaringsbrief en enige ander vereiste dokumentasie  van die navorser ontvang is​

  • Slegs die gemagtigde verteenwoordiger van US kan 'n kontrak namens US onderteken
  • Die getekende kontrak word deur ANO via koerier aan die kliënt ​gestuur