Gesondheidsetiek
Kragtens die Wet op Nasionale Gesondheid, moet 'n navorsingsetiekkomitee wat by die Nasionale Raad vir Gesonheidnavorsingsetiek geregistreer is, alle gesondheidsnavorsing nagaan en goedkeur. Daarom vereis alle gesondheidsverwante navorsing betreffende:
- enige direkte interaksie met, of waarneming van, menslike deelnemers;
- die gebruik van potensieel identifiseerbare persoonlike gesondheidsrekords, inligting of weefselmonsters; en/of
- menslike progenitor- of stamselle,
goedkeuring deur ’n navorsingsetiekkomitee (NEK) van die US, VOORDAT die navorsingstudie ’n aanvang neem.
Beide GNEK's oorweeg die volle spektrum van gesondheidsverwante navorsing wat onder die beskerming van die Universiteit Stellenbosch gedoen word.
Gesondheidnavorsingsetiekkomitee 1 (GNEK1) vergader op die eerste Woensdag van elke maand.
Franklin Weber is die sekretaris van hierdie NEK.
Gesondheidnavorsingsetiekkomitee 2 (GNEK2) vergader op die derde Woensdag van elke maand.
Mertrude Davids is die sekretaris van hierdie NEK.
Volg hierdie
skakel vir die Gesondheidsnavorsingsetiek webblad.