Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

DESK proses

​​​​​1. Alle projekte vir graaddoeleindes waarby mense, instellings, organisasies of gemeenskappe/groepe betrokke is of genader word om deel te neem, moet aan die Departementele Etieksiftingskomitee (DESK) vir beoordeling voorgelê word.
2. Die NEK sal slegs medium of hoë risiko projekte aanvaar wat nie vooraf deur die DESK beoordeel is nie indien die navorsing nie vir graaddoeleindes uitgevoer word nie (bv. as dit voorgelê word deur ’n US-personeellid of ander navorser wat aan die US verbonde is), indien die aansoeker reken dit hou medium tot hoë risiko in en ’n proses gevolg word wat deur die betrokke departement goedgekeur is (bv. ’n departement kan besluit dat die DESK álle navorsing moet beoordeel, ongeag die status van die aansoeker).
3. Die DESK beoordeel en keur navorsing goed wat minimale of lae risiko inhou. Die DESK mag byvoorbeeld versoek dat die aansoeker sekere veranderinge aan die projek of ingeligte toestemmingsvorm moet aanbring, in welke geval ’n geskikte proses voorskryf moet word om seker te maak dat hierdie veranderinge wel aangebring word, voordat die projek onderneem word.
4. DIE NAVORSER MAG BEGIN MET ’N MINIMALE OF LAE RISIKO PROJEK WAT DEUR DIE DESK GOEDGEKEUR IS.
5. Matige en hoë risiko navorsing word na die DESK se goeddunke όf direk όf nadat die aansoeker sekere veranderinge moes aanbring, na die NEK verwys vir ’n volledige NEK-beoordeling volgens die standaard NEK-prosesse.
6. Sodra die DESK die projek goedgekeur het (minimale en lae risiko projekte), word die volledige etiekaansoek (tesame met die DESK-verslag) aan die NEK voorgelê vir bekragtiging.
7. Die aansoek en DESK-verslag word dan deur ’n wisselende subkomitee van die NEK beoordeel; byvoorbeeld die voorsitter en ’n NEK-lid/lede.
8. DIE DESK SE GOEDKEURING WORD TYDENS ’n NEK-VERGADERING BEKRAGTIG (’n LYS PROJEKTE VERSKYN OP DIE AGENDA) EN DIE NEK REIK ’n FINALE GOEDKEURINGSBRIEF UIT.
9. Die NEK behou die reg voor om die DESK se goedkeuring op te skort en veranderinge of verduidelikings aan te vra. Indien daar slegs geringe probleme is, kan die beoordelaar bykomende inligting of veranderinge aanvra, sonder dat die DESK-goedkeuring opgeskort word. Indien die probleme egter as meer beduidend beskou word, sal die DESK-goedkeuring opgeskort word. Die aansoeker sal in kennis gestel word dat die projek by die volgende NEK-vergadering voorgelê sal word. Die NEK-kantoor sal die aansoeker (en die studieleier indien nodig) binne een dag na ontvangs van die NEK-subkomitee se kennisgewing van opskorting, in kennis stel.