​​​​​Winterskool 2015

2-4 Junie 2015

Om die wêreld te verander? ʼn Uitnodiging tot getroue dissipelskap en verantwoordelike burgerskap

Tema:

 ​Baie mense vra die vraag: kan ons die wêreld verander? Die meeste Christene sal saamstem dat slegs God die wêreld kan verander. Die vraag bly: moet ons terugsit en ons verantwoordelikheid versaak? Ons weet die Bybel gee riglyne om getroue dissipels van Jesus te wees. Ons weet dat God se koninkryk die hele Skepping insluit. Jesus Christus is God oor elke vierkante meter van die heelal. Dit beteken dat dissipelskap met alle dimensies van die lewe te make het. Jesus het na die wêreld gekom om ʼn ware verskil te maak. Dissipelskap vra daarom verantwoordelike burgerskap.

 

Die visie van die Winterskool is:​

  • Voortgesette teologiese vorming van predikante en ander geestelike leiers;
  • Versterking van die bande tussen kerke onderling, en tussen die fakulteit en verskillende kerke; en
  • Bespreking van relevante teologiese en bedieningsvraagstukke.

Registrasie:

Vir meer inligting oor die program kliek op​​ WinterSchool2015.pdf

​Om die registrarievorm af te laai kliek op WinterSchoolRegistrationForm2015.doc


2 Junie 2015 - Winterskool

Prof Barney Pityana, programadviseur vir die Thabo Mbeki stigting, was die hoofspreker by die aanvang van die vyfde Winterskool op Dinsdag 2 Junie 2015 by die Fakulteit Teologie.

Meer as 200 afgevaardigdes neem deel aan die program tot Donderdag 4 Junie. Dit was ‘n besonderse oomblik toe die eerste moeder en dogter span aan die program deelgeneem het: dr Nadine Bowers Du Toit en haar moeder, ds Esmé Bowers, (links voor) was beide sprekers by die Winterskool.​