Centre for Student Administration
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Sentrum vir​​ Akademiese-administrasie

Kantoor van die Adjunkregistrateur​​

Farah Fredericks​​​

​​​Adjunkregistrateur: Akademiese-administrasie (Tygerberg-kampus)

Farah Fredericks​

+27 21 938 9379

​​ Stuur e-pos
Algemene navrae
​​
  • Lei die Sentrum vir Akademiese-administrasie (SAA) ter ondersteuning aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
  • Oorsigtelik verantwoordelik vir strategiese beplanning, operasionele- en personeelbestuur binne die SAA
  • Dryf institusionele projekte en verbeteringe in akademiese administrasie
  • Werk saam met universiteitsleierskap en eksterne belanghebbendes om SAA-dienste met US-doelwitte te belyn
  • Voorsien oorsigbestuur oor studentedienste, die integriteit van akademiese rekords en die FGGW se voldoening aan die vereistes van professionele rade (bv. die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA) en die Suid-Afrikaanse Raad vir Verpleging (SARV)).


Senior Bestuurder: Akademiese-administrasie (Tygerberg-kampus)

Gift Nyirenda

+27 21 938 9284

Stuur e-pos
FGGW Hertoelating

  • Verskaf strategiese en operasionele ondersteuning aan die Adjunkregistrateur en fakulteitsleierskap oor akademiese administrasie en gehalteversekeringsaangeleenthede.
  • Bestuur die redaksionele en inhoudelike opdaterings van die FGGW-jaarboek.
  • Skakel met die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA) en die Suid-Afrikaanse Raad vir Verpleging (SARV) oor studenteregistrasies, kwalifikasies en opleidingsprogramme.
  • Ondersteun die bestuur van die Voorgraadse Beurse- en Leningskantoor (Tygerberg-kampus) en ondersteun finansiële steunprosesse in samewerking met sentrale US-strukture.
  • Ondersteun finalejaarstudente met die Nasionale Departement van Gesondheid se aansoekproses vir internskap- en gemeenskapsdiensplasings.
  • Dien as sekretariaat vir belangrike akademiese komitees, insluitend die Hertoelatingsappèlkomitee en die Voorgraadse en Nagraadse Onderrigkomitees.

Wanda de Jager​  

Koördineerder: Kantoor van die Adjunkregistrateur: Akademiese-administrasie (Tygerberg-kampus)

​Wanda de Jager​

+27 21 938 9487

Stuur e-pos ​
FGGW Hertoelating​
Algemene Navrae
​ ​ ​

  • Verskaf dagboek- en operasionele ondersteuning aan die Adjunkregistrateur: Akademiese-administrasie (SAA) (Tygerberg-kampus)
  • Koördineer alle algemene personeel- en begrotingsadministrasie van die SAA (Tygerberg-kampus)
  • Bestuur die voorsiening van Onderrigtaalbriewe (medium of instruction letters) aan studente en alumni vir internasionale werk- en studie-aansoeke
  • Koördineer die samestelling van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) se almanak
  • Verskaf administratiewe ondersteuning aan die FGGW se Hertoelatingsappèl-aansoekers en -komitee
  • Bestuur die koördinering en uitvoering van die FGGW se Toewydingseremonies met die FGGW se Geleentheidskoördineerder.