Viticulture & Oenology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Algemene vrae


Wat sal die koste van my graad wees?
Rig asseblief u navraag by Studenterekeninge in Administrasie A in persoon of bel Sean Davids at 021-808 3530021-808 3530021-808 3530
Op MYMATIES se webblad kan daar oor 'n voorlopige kwotasie getrek word onder die kategorie:  voornemende voorgraadse studente.

Hoe en wanneer registreer ek vir my nagraadse graad?
Vir 'n eerste registrasie vir nagraadse studie, moet registrasie in persoon gedoen word by die Fakulteitsekretaris te Administrasie gebou, Blok A, lokaal 2033, Van Ryneveldstraat, Stellenbosch.  Nuwe HonsBSc studente moet teen einde Januarie registreer wees.  Meesters- en Doktorale kandidate kan registreer tot einde Maart . Nuwe Doktorale kandidate registreer voorlopig, totdat die finale projekvoorlegging deur die Senaat goedkeur word.   Internasionale studente registreer met aankoms by die Internasionale Kantoor.

Dit is my eerste keer in Stellenbosch.  Wat sal die lewensonkostes wees?
​Stellenbosch is 'n baie mooi omgewing, maar is nogal duur. Vir lewensonkostes (ingesluit akkommodasie), kan dit tot R9000 per maand wees.  Akkommodasie se prys kan wissel, aangesien 'n kandidaat of privaat woon of in die koshuis.​