Viticulture & Oenology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Beurse

Finansiële ondersteuning vanaf die Departement

Die Department kan na goeddunke, en onderworpe aan voldoende befondsing beskikbaar, finansiële ondersteuning aan voltydse geregistreerde studente gee, indien daar geen ander eksterne beurse toegeken is nie.  Die beurse word in terme van die regulasies van die Universiteit Stellenbosch toegeken.  In uitsonderlike gevalle mag die Departement die reg behou om beurs aanpassings te maak, afhangede van die totale waarde van die beurs toegeken, sowel as die prestasie van die student.

Ander Nagraadse beurse (Stellenbosch Universiteit)

Studente word sterk aanbeveel om vir beurse aansoek te doen (bv.  NRF beurse, US Nagraadse merietebeurse, ens.) by die Nagraadse beurskantoor in Administrasie A.

Nagraadse beurskantoor

Telefoon:    021-808 4208021-808 4208021-808 4208
E-pos:  postgradfunding@sun.ac.za


Internasionale studente, verwys asseblief na die Nagraadse- en Internasionale Kantoor se webblad:   http://www0.sun.ac.za/international/postgraduate-student-funding

​​​​