Alumni
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Ander meniere om te skenk

U kan op verskeie maniere finansieel betrokke raak: via 'n persoonlike skenking, 'n korporatiewe skenking, beurse, 'n internationale skenking of selfs 'n testament​ere skenking.

Persoonlike Skenkings

Skenkings kan direkte geldelike skenkings van enige bedrag in kontant, per tjek óf kredietkaart wees. 'n Skenking kan ook 'in goedere' wees. Die belastingaftrekbare bedragiStock_000020443026_Small.jpg is tot en met 10% van belasbare inkomste.

Ons gerieflike aanlynskenkingsplatform maak skenking veilig en vinnig. Jou skenking word deur GivenGain hanteer – 'n veilige betaalportaal om aanlynskenkings te verwerk. 
Kliek hier om te skenk deur middel van ons aanlynvorm.
 
As alternatief, maak 'n skenking vanuit die veiligheid van jou eie internetbankdiens deur 'n elektroniese oorplasing te doen. Kliek hier as jy hierdie metode verkies.

Vir meer inligting, skakel gerus met Sidney van Heerden by +27 21 808 2941 of svheerd@sun.ac.za.

Korporatiewe Skenkings

Korporatiewe skenkings kan deur middel van jou maatskappy se beleid oor korporatiewe maatskaplike belegging, 'n borgskap of 'n filantropiese skenking geskied. (LW: Filantropiese skenkings hou belastingvoordele in.) Ons ontwikkelingspersoneel sal jou oor die belastingimplikasies van elk van hierdie strategieë adviseer. Skakel gerus met Khaya Jack by +27 21 808 9262 of kjack@sun.ac.za.  

Beurse

Om die heel beste studentetalent te werf, het die Universiteit Stellenbosch meer geld nodig as die finansiering wat die regering beskikbaar stel. Die klasgeld, huisvesting en lewenskoste van die gemiddelde voorgraadse student beloop R75 000 per jaar (vir gemiddeld drie jaar). Die gemiddelde nagraadse student vereis weer minstens R95 000 per jaar op magistervlak, en selfs meer vir PhD- of nadoktorale studie. Skakel met Nicoline Coetzer by +27 21 808 9160 of nicoline@sun.ac.za.