Alumni
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Erflatings

​​​Vir baie  alumni en vriende van die Universiteit is die langdurige impak van 'n erflating een van die maklikste maniere om 'n skenking aan die US te maak. Dit beteken nou dalk niks ekstra uit jou sak nie, maar dit kan jou die versekering gee dat jou toekomstige skenking die potensiaal het om 'n voortdurende nalatenskap agter te los.

Jy kan die Universiteit as 'n begunstigde in jou testament benoem deur kontant, aandele of enige ander vorm van eiendom aan die US te bemaak. Die volle randwaarde van weldadigheidskenkings in jou testament is belastingaftrekbaar, en kan boedelbelasting aansienlik verlaag. Bemaking is maklik – stel bloot 'n nuwe testament op of voeg 'n kodisil toe aan 'n bestaande testament. 


E​​rflatersgilde​

Die Erflatersgilde vereer die visionêre ondersteuners van die Universiteit Stellenbosch wat die versiendheid gehad het om die US ´n instelling van uitnemendheid te maak, en te hou. Die Erflatersgilde stel ons in staat om die ondersteuning van ons erflaterweldoeners te vier terwyl hulle nog by ons is en om ander aan te moedig om hierdie soort ondersteuning te oorweeg. Lidmaatskap van die Erflatersgilde is oop vir enigeen wat skriftelik bevestig dat hy of sy ´n erflating wat watter aard ookal aan die Universiteit nagelaat het. Lidmaadskap plaas geen verpligting op u nie. Gildelede is die belangrikste ondersteuners van die Universiteit en hulle sal gereeld na funksies genooi word om na interessante sprekers te luister, eendersdenkendes te ontmoet en te leer wat hulle ondersteuning moontlik sal maak.

Vir meer oor Erflatings

Hugo Steyn
Tel: +27 21 808 3615
E-pos: alumni@sun.ac.za ​

Maties vs NMMU_5.jpg Martin US 0081.jpg iStock_000022660897_Large.jpg