Alumni
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Universiteit Stellenbosch SA Stigting VK

​​​​​​​​​

In 2004 het 'n vriend van die Universiteit Stellenbosch (US), mnr William Frankel OBE, 'n liefdadigheidsorganisasie in die Verenigde Koninkryk (VK) geregistreer met die doel om 'n platform in te skep waar alumni en vriende van die US fondse vir verdienstelike studente kan bydra. Die platform verstewig ook die Universiteit se vermoë om sy strategiese doelwitte te bereik.

Die Stigting is by die Liefdadigheidskommissie geregistreer en het die laaste ses jaar meer as  ££1 072 100 tot befondsing aan die Universiteit Stellenbosch bygedra.

Individue

  • Wanneer u direk tot die Stigting in die VK bydra, kom u skenking makliker by die US uit. 
  • Die bykomende voordeel is dat die VK-regering 'n ekstra geskenkbystand-aanvulling van 25% tot die Universiteit maak, indien u 'n belastingbetaler is.

Maatskappye, stigtings, trusts en ander groepskenkings

  • Deur via die VK Stigting te skenk sal dit die jaarlikse verhaling van beskikbare maatskappybelastingkortings vergemaklik.​


Skenkings aan die Universiteit Stellenbosch SA Stigting VK kan direk inbetaal word:

Rekeningnaam:           Stellenbosch University SA Foundation UK

Bank:                             NatWest Bank, Stad Londen-kantoor

Rekeningnommer:      39448843

Kode:                             60-00-01

 

In November 2017 het die stigting 'n nuwe groep trustees aangestel onder leiding van die stigter en voorsitter van die stigting, mnr William Frankel.


​         





                Andrew_Wigley.jpg

​Mnr Andrew Wigley

Senior vennoot in The Cape Partnership

 

Alma mater(s):                                Universiteit van Kent

                                                           Universiteit van München

                                                            Universiteit Stellenbosch (US)

Kwalifikasies:                                    BA 1994 (Kent)

                                                            MA 2014 (US)

Andrew Wigley is ervare op die gebied van kommunikasie en openbare betrekkinge, en het al in Europa én Amerika gewoon en gewerk. Sy loopbaan sluit die liefdadigheids- en kommersiële sektore in.

Hy het vir meer as 10 jaar as skakelingskonsultant vir maatskappye soos Visa Internasionaal, Coca-Cola Afrika en KPMG opgetree. Hy het ook die trusteeraad en direktoraatspan van die Britse Dierebeskermingsvereniging oor strategie, organisatoriese verandering en belanghebbendeverhoudinge geadviseer. Daarbenewens het Andrew in die natuurlike hulpbronsektor gewerk, waar hy as streeksbestuurder van eksterne aangeleenthede by BHP Billiton gedien het.

Hy het sy loopbaan in die Britse Laerhuis begin, waarna hy na die Europese Parlement verskuif het. Andrew was ook lid van die waarnemerspanne wat die verkiesing van wetgewende liggame in Hong Kong en Taiwan gemoniteer het.










                 Dalton_Odendaal.jpg
Mnr Dalton Odendaal
Konsultant by Harbottle & Lewis

 

Alma mater(s):                                 Universiteit Stellenbosch (US)

                                                            Universiteit van Oxford

                                                            Universiteit van Cambridge

                                                            King's College London (KCL)

 

Kwalifikasies:                                    BCom cum laude 1989 (US)

                                                            LLB cum laude 1991 (US)

                                                            LLM 1993 (Cambridge)

                                                            Baccalaureus in die Siviele Reg 1996 (Oxford)

                                                            Nagraadse Sertifikaat in Sportreg (KCL)

 

Dalton Odendaal is 'n konsultant by Harbottle & Lewis LLP. Hy was 'n vennoot in dié firma se sportregafdeling voordat hy hom by die Londense reëlingskomitee vir die Olimpiese en Paralimpiese Spele aangesluit het, waar hy van 2007 tot 2012 as hoof van kommersiële regsdienste gedien het. Ná die Londense Spele het Dalton as direkteur van bedryfsontwikkeling by die Britse Olimpiese Vereniging gewerk, en was hy verantwoordelik vir die herstrukturering van die vereniging se borgskap- en lisensiëringsprogram. Hy is die stigter en direkteur van 'n sportregtebestuursmaatskappy wat eienaars van sportregte oor die kommersiële ontginning van hulle regte adviseer. Dalton was hoofregsadviseur vir die eerste Invictus-spele in 2014. Hy bied steeds regsteun aan die Invictus-stigting, en sy maatskappy hanteer die kommersiëleregteprogram vir die Invictus-spele.








                ​Liesl_Fichard.jpg
Me Liesl Fichardt
Vennoot by Quinn Emanuel Urquhart & Sullivan                                                                                                              

 

Alma mater(s):                                 Universiteit Stellenbosch

                                                            Universiteit van Notre Dame

                                                            Universiteit van Kaapstad

                                                            Chartered Institute of Taxation (CIT)

 

Kwalifikasies:                                    BCom Regte 1987 (US)

                                                            LLB 1989 (US)

                                                            LLM cum laude 1991 (ND)

                                                            Hoër Diploma in Belasting 2008 (CIT)

 

Liesl Fichardt is hoof van internasionale belastinggeskille by Quinn Emanuel Urquhart & Sullivan, en voormalige hoof van belastinggeskille by Clifford Chance. Sy word hoog aangeslaan op die Chambers & Partners- en Legal 500-ranglyste en is onder die voorste belastingspesialiste in die Verenigde Koninkryk op International Tax Review se lys van leiers in omstrede belastingsake. Sy is die voormalige voorsitter van die Britse tak van die Internasionale Fiskale Vereniging en dien ook in die internasionale belastingkomitee van die Regsvereniging van Engeland en Wallis. Boonop is sy lid van die advieskomitee vir die MSc in Internasionale Belasting aan die Universiteit van Oxford.


                

                ​Philip_Lochner.jpg
Mnr Philip Lochner
Stigter en uitvoerende hoof van PedalSure

 

Alma mater(s):                                 Universiteit Stellenbosch (US)

                                                            London Business School (LBS)

 

Kwalifikasies:                                    BCom Regte 2001 (SU)

                                                            MBA 2012 (LBS)

 

Philip Lochner is die stigter en uitvoerende hoof van PedalSure. Hy het ook al gedien as die Verenigde Koninkryk se algemene bestuurder vir Orca, as ondervoorsitter van finansies en bedryf (Noord-Amerika) vir HiFX sowel as bestuurder by Infrastructure Finance Corporation Limited. 

           





                ​Wim_De_Villiers.jpg
Prof Wim de Villiers
Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch

 

Alma mater(s):                                 Universiteit Stellenbosch (US)

                                                            Universiteit van Oxford

                                                            Harvard-universiteit

 

Kwalifikasies:                                     MBCHB 1983 (US)

                                                             MMed 1990 (US)

                                                             DPhil 1995 (Oxford)

                                                             MHCM 2008 (Harvard)                                                 

Wim de Villiers is die Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch en 'n gevestigde senior administrateur in die hoër onderwys. Hy was voorheen dekaan van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit van Kaapstad, hoof- administratiewe beampte in die mediese fakulteit van die Universiteit van Kentucky, sowel as hoof van daardie fakulteit se Afdeling Gastroënterologie.

Sy kundigheidsgebiede sluit gesondheidsorgkonsultasie, kliniese navorsing, mediese onderrig, lewenswetenskappe en geneeskunde in. De Villiers het 'n sterk agtergrond as opvoedkundige en beskik oor 'n magistergraad in gesondheidsorgbestuur van Harvard-universiteit met die klem op die administrasie en bestuur van gesondheid en gesondheidsorg. Hy is ook 'n geregistreerde gastroënteroloog met 'n PhD in makrofaag-immunologie van die Universiteit van Oxford en het kliniese en navorsingservaring van inflammatoriese ingewandsiekte.








  

                Bill_Frankel.jpg
Mnr Bill Frankel
Voorsitter van die Stigting​

Alma mater(s):                                 Universiteit van Kaapstad

Bill Frankel is in Suid-Afrika gebore en het hier grootgeword. Hy is 'n alumnus van die Universiteit van Kaapstad. Nadat hy die graad BA Regte in 1964 verwerf het, het hy in ballingskap gegaan, 'n jaar aan die Universiteit van Sydney aan sy LLB gewerk, en daarna teen die einde van 1965 na die Verenigde Koninkryk verhuis. Hier het hy hom opnuut gekwalifiseer en is hy in Junie 1970 as prokureur in die Britse hooggeregshof toegelaat. In September daardie jaar word hy vennoot in een van die voorste regspraktyke in Londen, waar hy tot en met sy uittrede in 2014 as regspraktisyn gewerk het. Bill was vanaf 1966 vir meer as 25 jaar die geheime regskonsultant vir Canon Collins se internasionale verdediging- en bystandsfonds vir Suider-Afrika (IDAF), waar hy hoofsaaklik verantwoordelik was vir die geheime versending van geld na Suider-Afrika om die regskoste van bykans elke politieke verhoor gedurende apartheid te betaal.

Hy het 'n OBE van die koningin ontvang nadat hy ingesluit is by haar millenniumerelys vir die bevordering van menseregte. Bill is bedrewe op die gebied van menseregte, konstitusionalisme en die onderwys. Hy dien as 'n trustee en voorsitter van 'n aantal liefdadigheidsorganisasies, waaronder organisasies in die Verenigde Koninkryk wat deur die universiteite van die Witwatersrand, Stellenbosch en Fort Hare sowel as die Konstitusionele Hof bevorder word. Daarbenewens is hy voorsitter van die Claude Leon-stigting, een van die grootste Suid-Afrikaans geregistreerde skenkersorganisasies, wat hoofsaaklik op onderwys en menseregte konsentreer.

Bill is in 2007 as eregenoot van die Royal Society van Suid-Afrika aangewys vir dienslewering aan wetenskaponderwys en -navorsing. Die visekanselier van die Universiteit van Kaapstad het hom in 2014 met 'n silwer medalje vereer ter erkenning van sy onvermoeide werk op die gebied van onderwys, menseregte en konstitusionalisme, en sy voortgesette steun vir vele verdienstelike sake deur sy filantropie, wat steeds 'n verreikende en diepgaande impak binne sowel as buite Suid-Afrikaanse grense het. In 2015 het Bill boonop die Suid-Afrikaanse Orde van Luthuli (silwer) ontvang vir sy uitstekende dienste in die bevrydingstryd teen apartheid, veral sy geheime en belangrike bydrae tot IDAF.