Transformation
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Skryf vir Verandering

​​​​Writing.png​​


Skryf vir Verandering

 

Een van die Universiteit Stellenbosch (US) se strewes in die verwesenliking van Visie 2040 is 'n getransformeerde en geïntegreerde akademiese gemeenskap wat kritiese denke vier, gesprek bevorder en tot demokrasie, menseregte en sosiale geregtigheid verbind is, met 'n uitwaartse, internasionale en toekomsgerigte fokus. In hierdie gees het die US se Skryflaboratorium en Transformasiekantoor kragte saamgesnoer vir die bekendstelling van 'n skryfprogram om belangstellende studente, veral dié in die geesteswetenskappe, met die skryfvaardighede toe te rus om deel te word van 'n groep jong openbare kommentators. Die doel is om hierdie aspirantskrywers in staat te stel om uit 'n studenteoogpunt oor kwessies van transformasie en sosiale geregtigheid, waaronder gender, identiteit, ras, ons demokrasie, die ekonomie, en gestremdheid en toegang, te skryf. Omdat die studentestem tans in ons openbare debat en skakeling op kampus ontbreek, wil die projek dus 'n platform help skep om daardie stem te laat opklink oor aktuele sake in soverre dit betrekking het op die werk van die Transformasiekantoor en die hoëronderwyslandskap in die besonder, sowel as die samelewing in die algemeen.


2023 aansoeke is NOU OOP!​

Writing for Change 2023 Afr_page-0001.jpg


Artikels wat deur studente in die program geskryf is, kan hieronder gevind word​.


Titel​​Skrywer
​Toestemming om te wees
​​Dineo Ponde Mafora
Die tweesnydende swaard van feminiteit in die samelewing
​Eda Ekinci
​Nog 'n Vrouemaand
​​Dineo Ponde Mafora
​​My Voorvaders 
​Lwethu Twana