Doelstellings
ISS streef die volgende doelstellings na:
Navorsing: Die verbetering van die begrip van infeksies en infeksiesiektes in ons gemeenskappe ten opsigte van die patogenese, epidemiologie, voorkoming, behandeling en versorging daarvan.
Onderrig en Opleiding Die voorsiening van ʼn platform vir formele voor- en nagraadse programme oor verskeie aspekte van infeksie en infeksiesiektes. Die onderrig- en opleidingsplatform sal ook as wegspringplek vir kort- en informele kursusse vir beroepspersoneel in gesondheidsorg dien.
Diens: Diensverskaffing op die gebiede van diagnose, bestuur en infeksiebeheer en voorkoming.