Die groot aantal NNS-geëvalueerde navorsers aan die Universiteit Stellenbosch getuig van die Universiteit se wêreldstandaard in navorsing.
Behalwe vir navorsingsuitsette, word die kwaliteit en impak van navorsing aan tersiêre instellings in Suid-Afrika gereflekteer in die aantal gegradeerde navorsers soos geïdentifiseer deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS) graderingsisteem.
Die NNS-graderingsisteem is 'n maatstaf stelsel waardeur individue wat die hoogste standaarde van navorsing toon, sowel as diegene wat sterk potensiaal wys as navorsers, deur 'n uitgebreide netwerk van Suid-Afrikaanse en internasionale eweknie-evalueerders geïdentifiseer word. Graderings is gebaseer op die kwaliteit en impak van onlangse navorsingsuitsette (oor 'n agt-jaar periode).
Die mees kenmerkende kategorieë is:
-
A - vir navorsers wat as wêreldleiers in hul veld beskou word;
-
B - vir navorsers wat aansienlike internasionale erkenning geniet van hul eweknieë;
-
C - vir navorsers wat as gevestig in hul veld beskou word; en
-
P - vir jong navorsers met besondere potensiaal wat waarskynlik toekomstige internasionale leiers in hul veld sal word.
Toekennings is geldig vir 'n periode van ses jaar.