Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​‘n Subkontrak word gebruik wanneer ‘n navorsings- of navorsingsverwante kontrak reeds in plek is en ‘n eksterne party word benodig om sekere take van die projek uit te voer. Die Universiteit kan ook deur ‘n ander instansie ingekontrakteer word om ‘n gedeelte van 'n projek uit te voer. Wanneer ‘n subkontrak opgestel word, word die bepalings en voorwaardes van die hoofkontrak afgewentel na die subkontrak, om te verseker dat die Universiteit aan die hoofkontrak se bepalings en voorwaardes kan voldoen. Daarom word ‘n rug-aan-rug ooreenkoms aanbeveel.