Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsing en Tegnologie Fonds (RTF)

​​Die Navorsing en Tegnologie​​ Fonds (RTF) is gestig deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en spreek die volgende aan: 
  • Handhaaf die kompeterendheid van die sek​tor vir kommersialisering en buitelandse markte; 
  • Agteruitgang ​​van natuurlike hulpbronne wat verbandhou met klimaatsverandering; 
  • Lae produktiwiteit van kleinhoewe-​boere; en
  • Beleid en institusionele reëlings wat groei en ontwikkeling in die sek​tor belemmer. 

Wie kom in aanmerking:

Aansoekers moet voltydse werknemers van die Universiteit Stellenbosch wees of 'n​ indiensnemingskontrak hê wat ten minste gelykstaande is aan ​die aantal jare waarvoor die RTF befondsing goedgekeur is. Verder moet kandidate ervaring en 'n kwalifikasie hê in Landbou, Bosbou of Visserye navorsing en in staat wees ​​om studieleiding te verskaf aan studente op nagraadse vlak. 

Befondsing:

Die RTF sal aanvanklik deur die volgende twee befondsingsmodelle investeer​​: 

​i)    Ko-befondsingsmodel (Co-funding model)
CoFM-gesteunde projekte se navorsingsonderwerp en area sal primêr gerig word ​​deur die industriële vennote wat ook ko-befondsing aan die projekte sal verskaf. 
ii)    Kompeterende befondsingsmodel (Competitive funding model)
CompFM projekte sal befonds word deur die RTF-fonds sonder dat daar noodwendig ko-befondsing van enige industrie-vennoot ontvang word. 

149018470019475.png
Voor-toekenning
149018470019475.png Maléne Fouché
Telefoon: 021 808 4622
Na-toekenning
149018470019475.png 
Nugent Lewis
Telefoon: 021 808 9017