Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Navorsingsinligting

​​​​​​​​​​​​​​​​​​Die Universiteit Stellenbosch (US) het 'n visie om as 'n vooraanstaande navorsings-intensiewe universiteit op die Afrika kontinent gevestig te wees deur uitnemendheid na te streef en op die voorgrond te wees van die gekose fokusareas, deur nasionale en internasionale aansien te verwerf op grond van navorsingsuitsette, deur relevant te wees tot die behoeftes van die gemeenskap, en deur innoverend en self-vernuwend te wees. Die US is een van die top navorsingsgefokusde universiteite in Suid-Afrika. 

​Volgens die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding se amptelike verslag rakende die 2016 publikasies (geëvalueer in 2017), is die geweegde navorsingsuitsette per voltydse US personeellid (beide in terme van publikasies en nagraadse studente) 3.11, en die publikasie uitsette per koppetelling 1,58. Dit maak die US een van die mees navorsingsproduktiewe instellings op nasionale vlak. 

Die Universiteit het 47 navorsingsleerstoele waarvan 27 SARChI leerstoele (South African Research Chairs Initiative) van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) is, befonds deur die Departement van Wetenskap en Tegnologie. Die US het ook een van die meeste aantal NNS-geëvalueerde navorsers in die land – 458 in 2018. 

Meer as 300 nadoktorale genote is in 2017​ by die US gehuisves. Ongeveer 49% van ons PhD's het aan kandidate van die voorheen benadeelde swart, bruin en Indiër populasiegroepe gegaan.

Die US het 'n goed ​gevestigde, verreikende, veelvlakkige netwe​​rk van internasionale vennote, met meer as 246 bilaterale institusionele ooreenkomste in 57 lande oor ses kontinente. Terug na Afrika, in 2017 het die US 350 aktiewe projekte met 780 vennote (institusioneel en individueel) in 43 lande gehad. 

Die Universiteit Stellenbosch as 'n instelling wat geanker is in Afrika, moet vrug dra vir die mense van ons kontinent. Die uitdaging vir ons is om plaaslik relevant te wees, met streeksimpak, en terselfdertyd kompeterend op 'n globale vlak te wees. Om hierdie uitdaging te bereik​ moet ons voortdurend fokus op die unieke areas waarin ons kundigheid ontwikkel het oor tyd, en ook samewerkende netwerke bou as kennisvennoot in Suid-Afrika, die res van die kontinent en verder.