Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​‘n Nagraadse beursooreenkoms bepaal die voorwaardes waaronder ‘n donateur ‘n beurs toeken aan ‘n nagraadse student. Streng SAID regulasies is van toepassing en die donateur is nie geregtig op enige navorsingsresultate, intellektuele eiendom of kommersialisering nie.  Die donateur mag wel vorderingsverslae versoek om te verseker dat die fondse aangewend word vir die doel waarvoor dit geskenk word en dat die student voldoende vordering maak met sy/haar studies.