Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Subkomitee C

Let asseblief daarop dat slegs voltydse permanente personeellede en gesamentlike aanstellings van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (dus voornemende gashere) mag aansoek doen om hierdie toekennings. Hierdie toekennings beloop tans R180 000 per jaar en word normaalweg toegeken vir een jaar met ’n moontlike verlenging na ’n volgende jaar, afhangend van vordering en beskikbare befondsing. Die toekenning mag nog verder deur die gasheer/-vrou uit eie bronne aangevul word. Die toekenning sluit nie lopende kostes in nie en dit is die verantwoordelikheid van die gasheer/-vrou om voldoende lopende kostes vir die volle periode van die genootskap te voorsien. Na die toekenning gemaak en goedgekeur is, kan die na-doktorale kandidaat aangestel word.