Oorsig
‘n Jaarlikse opname word deur die departement/sentrum/instituut gedoen om die navorsingspublikasie-uitsette van die vorige publikasiejaar in te voer vir subsidie-doeleindes deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) asook vir insluiting in die jaarlikse navorsingsverslag. Elke departement/sentrum/instituut het ‘n persoon wat verantwoordelik is om die navorsingspublikasie-uitsette op 'n elektroniese stelsel, die “Research Administrator" (RA), in te voer en die elektroniese kopieë van die ondersteunende materiaal op te laai. Die sluitingsdatum vir die opname is die tweede laaste Maandag van Januarie van elke jaar.
- Die DHOO subsidiëer navorsingsuitsette in die volgende kategoriëe:
- Vaktydskrifartikels (navorsingsartikels ) in geakkrediteerde joernale
- Eweknie geëvalueerde gepubliseerde kongresverrigtinge
- Eweknie geëvalueerde boeke en hoofstukke in boeke
Sien asseblief die DHOO se beleid hier vir verdere besonderhede.