Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Hierdie ooreenkoms word gebruik om ‘n basis te vestig vir toekomstige navorsingsprojekte. Die kontrakte is wel bindend, maar bevat slegs algemene klousules wat verdere ooreenkomste moontlik maak. Normaalweg word daar nie ooreengekom op enige betalingsterme of ‘n kontrakbedrag nie. Sodra die partye gereed is om formeel hul navorsingsaktiwiteite te begin, of suksesvol was in die werf van navorsingsfondse, sal ‘n formele navorsingsooreenkoms beding word.