Om kontraknavorsing by die Universiteit Stellenbosch te verrig, moet ‘n navorser voldoen aan die
Kontraknavorsingsbeleid (
slegs in Engels) en ander goedgekeurde beleide en prosesse.
In terme van die Kontraknavorsingsbeleid, moet Afdeling Navorsingsontwikkeling alle navorsingskontrakte en navorsingsverwante kontrakte nagaan en goedkeur, voor die gemagtigde verteenwoordiger van Universiteit Stellenbosch sal teken. Sien die Tipes Navorsingskontrakte skakel vir meer inligting oor die verskillende tipes kontrakte en vir voorbeelde van elk.
Om die Kontrakgoedkeuringsproses te begin, moet die volgende aan Afdeling Navorsingsontwikkeling gestuur word:
- Die konsep kontrak / ‘n versoek vir ‘n kontraktemplaat
- Die projekbeskrywing / beskrywing van die werk
- Die begroting (indien van toepassing)
Kontak:
Algemene navrae:
| Vrae oor volkoste en ander finansiële navrae:
|