Postharvest Technology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Kern Aktiwiteite

​​​The NRF/DST SARChI navorsingsleerstoel in na-oes tegnologie funksioneer binne die Fakulteit AgriWetenskappe, wat drie verskillende tog interaktiewe stelle aktiwiteite lei. 

Core Activities5.png

Die navorsingsfokus verteenwoordig Na-oes Tegnologie, Landbou en Biosistemiese Ingenieurswese met konsekwente genering van portuur-hersiende publikasies en intellektuele eiendom. Ons bied 'n unieke multi-dissiplinêre navorsings- en ontwikkelingsgeleentheid vir na-doktorale genote, en nagraadse opleiding op MSc en PhD vlak by die Fakulteite Ingenieurswese en AgriWetenskappe. Tydens registrasie word nagraadse studente aanspreeklik gehou om aan die relevante departemente se prosedures te voldoen. Ons betrek graag die gemeenskap deur uitvoerende kort-kursusse, seminare, internskappe en konferensies aan te bied.

Ons hoof navors​ingsdo​​​el is om 'n bydrae te lewer tot Voedselsekerheid in Suid-Afrika deur N​a-Oes Verliese aan te spreek met die oog op die volgende navorsingsareas: Ontwikkeling van koue-ketting tegnologieë, nie-deskruktiewe kwaliteitsmeting en kontrole, sowel as kartering en vermindering van na-oes verliese regdeur die voedselketting. 

Nog 'n deel van ons navorsing handel oor waarde-toegevoegde vrugte en groente. 'n Voorbeeld hiervan is granate, 'n splinternuwe produk in die Suid-Afrikaanse handelsmark wat oor die laaste sewe jaar steeds toeneem in populariteit.