Business Management
Welcome to Stellenbosch University

BCom (Management Sciences) with focal area Financial Planning

Waar pas hierdie program in?

Die 3-jaar-BCom (Bestuurswetenskappe) met Finansiële Beplanning as fokusarea word deur die Departement Ondernemingsbestuur van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aangebied. Jaar 1 bestaan uit verpligte modules soos Ondernemingsbestuur, Ekonomie, Finansiële Rekeningkunde, Professionele Kommunikasie, en Statistiek en Datawetenskap. In Jaar 2 en 3 word modules spesifiek tot hierdie fokusarea gedek.

Waarom die behoefte aan hierdie program?

Finansiële beplanners help individue en besighede om hul finansiële welstand te beplan en om die finansiële terugslae in die lewe te kan hanteer. Terselfdertyd word die kliënt se veranderende omstandighede en die regulatoriese omgewing in ag geneem. Hiervoor is spesialiskennis nodig.

Dié BCom wat gerig is op finansiële beplanning, is ontwerp om studente toegang tot die Nagraadse Diploma in Finansiële Bepanning te bied. Diegene wat dié Diploma suksesvol voltooi het, kan inskryf vir die toelatingseksamen tot die internasionaal erkende benaming CERTIFIED FINANCIAL PLANNER® (CFP®). (Lees meer oor die CFP®-benaming by www.fpi.co.za.)

Wat sal jy leer?

Hierdie modules in dié fokusarea dek die regulatoriese omgewing, beleggingsbeplanning, langtermyn- en korttermynversekering, aftreebeplanning, boedelbeplanning en besigheidsversekering.

Vakke wat spesifiek vir hierdie fokusarea aangebied word, is

  • • Finansiële Beplanning 314

    Inleiding tot die regulatoriese omgewing; risikobeplanningstegnieke deur gebruik te maak van lang- en korttermynversekering; ‘n studie van beleggingsvoertuie en die beleggingsbeplanningsproses; aftreefondse en aftreebeplanningsberekeninge.

  • • Finansiële Beplanning 344

    Inleiding tot boedelbeplanning; ‘n studie van die testamentereg (Wills Act, 1953) en erfreg; inleiding tot besigheidsversekering.

Wie behoort aansoek te doen?

  • • Hierdie rigting is geskik vir diegene wat belangstel in ‘n loopbaan as ‘n professionele finansiële beplanner of adviseur in die finansiëledienstebedryf (by ‘n verskeringsmaatskappy, ‘n onafhanklike finansiëledienstepraktyk, of in die banksektor).
  • • Dit is ook bedoel vir diegene wat belangstel in ‘n loopbaan as ‘n welvaartbestuurder, makelaar, konsultant, versekeringspesialis of kliënteverhoudingebestuurder.

Toelatingsvereistes

  • • ‘n Gemiddeld van 65% in die Nasionale Senior Sertifikaat
  • • ‘n Minimum van 60% vir Wiskunde
  • • ‘n Gemiddeld van 50% vir Engels en Afrikaans as moedertaal OF ‘n gemiddeld van 60% vir Engels en Afrikaans as addisionele taal.

Meer besonderhede

  • Programbrosjure: Die brosjure van die Departement Ondernemingsbestuur kan hier afgelaai word. Dit bevat ‘n tabel met al die modules wat in hierdie graad gedek word.
  • Programinligting: Sien al die voorgraadse programme van die Departement Ondernemingsbestuur hier.
  • Sien ook die Kalender van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe hier.
  • Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Junie 2022
  • Kontakpersoon vir navrae oor hierdie program: Morné Daniels by +27 (0)21 808 2392 of mmd@sun.ac.za
  • Waar om aansoek te doen: https://student.sun.ac.za/signup/
​ ​