Student Affairs
Welkom by Universiteit Stellenbosch

 

​​​​​​

FVZS Honorary Lecture.png

Die US bied jaarliks die FVZS Erelesing, 'n hoogtepunt op die Universiteit se almanak vir openbare geleenthede, aan om wyle dr Van Zyl Slabbert se nalatenskap te vereer en 'n platform te verskaf vir ons studenteleiers, akademici, die breër gemeenskap en vooraanstaande leiers op verskeie gebiede om krities met aktuele Suid-Afrikaanse politieke en regeringskwessies om te gaan.

 

Van Zyl Slabbert se reputasie as agent van verandering in die onlangse geskiedenis van Suid-Afrika kan nie oorskat word nie. Sy betrokkenheid by sosiale kwessies en sy bevordering van 'n begrip van demokrasie oor sy loopbaan heen getuig van sy diens aan die Suid-Afrikaanse samelewing.


Vorige gassprekers sluit in:​

2021: regter Dennis Davis – voormalige regter van die Suid-Afrikaanse Hooggeregshof 
FVZS 10yr Banner.jpg

 

2019: me Marianne Thamm – skrywer, redakteur, satirikus en rubriekskrywer

 


2018: dr Wendy Luhabe – sosiale entrepreneur

2017: me Judith February – regeringspraktykpesialis en rubriekskrywer

 


2016: dr Adrian Enthoven – Uitvoerende Voorsitter van die privaat beleggingsgroep Yellowwood


 


2015: mnr Isaac Shongwe – nie-uitvoerende direkteur van Barlow World Logistics

 


2014: mnr Jay Naidoo – Voorsitter van die Global Alliance for Improved Nutrition (Gain) en ’n voormalige minister in die Nelson Mandela-kabinet

 

2013: me Maria Ramos – Uitvoerende Hoof van die ABSA Groep en Uitvoerende Hoof van Barclays Africa

2012: mnr Harald Pakendorf – politieke ontleder en vriend van FVZS​

​​

Ons nooi ons groeiende getal deelnemers, vennote en kollegas na die lesing uit om oor ons rol as aktiewe burgers in die samelewing te besin. Stuur asseblief ’n e-pos na fvzs@sun.ac.zaas u op ons uitnodigingslys bygevoeg wil word, of volg ons bloot op sosialemediakanale vir verdere inligting.

 ​