Student Affairs
Welkom by Universiteit Stellenbosch

 

​​​

CSLEEC BANNER.png


Die Sentrum vir Studenteleierskap, Ervaringgerigte Opvoeding en Burgerskap (SSLEOB) is daarop gemik om te verseker dat die Universiteit Stellenbosch (US) omvattende en samehangende leierskapservarings aan sy studente bied, deur die ontwikkeling van graduandi-eienskappe. Die SSLEOB bestaan uit die volgende;


CSLEEC INFOGRAPHIC.jpg 

CSLEEC CC.png 


Die Ko-kurrikulum Kantoor posisioneer ervaringgerigte opvoeding as onderrigmetodiek vir sosiale geregtigheid deur Gedeelde Mensdom: Lesse in Kritiese Denke, erkenning van goedgekeurde ko-kurrikulêre aktiwiteite op akademiese transkripsies, opleiding in die ontwerpbeginsels van transformerende ervaringgerigte opvoeding en die ervaringgerigte leerprospektus. Samewerkende vennootskappe, navorsing, monitering en evaluering verseker belyning met US Visie 2040.


CSLEEC FVZS.png 


Deur die lens van demokrasie, menseregte en sosiale geregtigheid, ter ere van 'n groot Suid-Afrikaanse denkleier, dr Frederik van Zyl Slabbert, bemagtig die FVZSI se leierskapsaanbiedinge (van semesterlange kortkursusse wat op akademiese transkripsies erken word, tot 'n geïntegreerde kritiesebetrokkenheidsportefeulje) jeugleiers om hulle rol as aktiewe burgers binne die breër globale konteks uit te daag.



CSLEEC OP.png 


Die SSLEOB Aanlyn Programmering-span adviseer die Ko-kurrikulum- en Studentebestuurspan deur middel van hulle programme vir ervaringgerigte opvoeding en leierskapsontwikkeling, asook die kortkursusse van die FVZS Instituut – en versterk, bemagtig en brei toegang uit deur aanlyn platforms, om transformerende studente-ervarings regoor die instelling, die vasteland en die wêreld te fasiliteer.


FVZS SG.png 


Studenteregering bevorder etiese studenteregeringsbeginsels in die aangesig van bestuursuitdagings in die een-en-twintigste eeu in Suid-Afrika, in Afrika en regoor die wêreld. Gerig deur die US se Ko-kurrikulumbevoegdheidsraamwerk en Graduandi-eienskappe, ontvang studenteleiers leierskapsontwikkelingsgeleenthede wat hulle bemagtig om oplossings te formuleer vir sommige van die kompleksiteite en uitdagings waarmee studenteleiers vandag gekonfronteer word.


Contact CSLEEC MANAGEMENT.png


CSLEEC Heidi.png

CSLEEC Ruth.pngCSLEEC Anele.png


CSLEEC Adres.png