Student Affairs
Welkom by Universiteit Stellenbosch

 

​​FVZS Discourse Series.png

Die FVZSI se Diskoers-reeks (gewoonlik aangebied tydens die jaarlikse US Woordfees asook deur die jaar heen) ressorteer onder ons portefeulje vir kritiese gesprekvoering. Ons nooi vooraanstaande plaaslike en internasionale intergenerasionele denkleiers uit om in ’n informele, uitnodigende atmosfeer met ons studente en lede van die publiek om te gaan.

Hierdie denkleiers kom uit ’n verskeidenheid velde en agtergronde, en vertel die storie van hulle persoonlike ontwikkeling op hulle leierskapreis, en deel gedurende paneelbesprekings teenstellende oogpunte met mekaar. Die onderwerpe van bespreking hou gewoonlik verband met die profiel van die gaste wat genooi is, die bekendstelling van nuwe boeke of aktuele studenteleierskapkwessies in hoër onderwys.

Deur middel van ons Diskoers-reeks stel die FVZSI jong leiers en ander genooide gaste bloot aan intergenerasionele gesprekke oor kontekstuele kwessies, uitdagings en geleenthede. Dit dien ook as katalisator vir verdere gesprekvoering, op kampus sowel as weg van die kampus.