Student Affairs
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Grondslae van Leierskap (FOUNDATIONS!)

Die program Grondslae van Leierskap (FOUNDATIONS!) is daarop gemik om deelnemers bekend te stel aan die begrip ‘leierskap’ en die grondliggende elemente daarvan soos dit met verloop van tyd ontwikkel het. Die kursus fokus op die persoonlike groei en ontwikkeling van deelnemers as leiers in die globale, nasionale en plaaslike (binne hulle konteks) arena. Die klem is daarop om leierskap te omskryf deur dit aan die hand van die verskillende leierskapteorieë te ontleed, en ook om deelnemers te oriënteer deurdat hulle hulle eie leierskapstyl uitken sodat hulle uiteindelik hulle eie leierskaptydlyn kan opstel.


> Klik hier​ om ander FVZS - pasgemaakte programme te sien.