Student Affairs
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Doen Sake in Suider-Afrika

Afrikalande groei tans snel. Ses van die tien ekonomieë ter wêreld wat tussen 2001 en 2010 die snelste gegroei het, was Afrikalande; twee daarvan in Suider-Afrika. Boonop is hierdie groei aan die toeneem: The Economist voorspel dat sewe van die tien ekonomieë wat tussen 2011 en 2015 die snelste gegroei het, Afrikalande sal wees. Dit is ’n dramatiese ommekeer van die swak prestasie in die afgelope drie dekades, toe Afrikalande met beelde van burgeroorlog, siekte, hongersnood en armoede vereenselwig geraak het. Hierdie snel stygende inkomste in Afrika het nie ongemerk by entrepreneurs en firmas verbygegaan wat vir winsgewende beleggingsgeleenthede op die uitkyk is nie. 

Selfs die wêreldwye resessie kon nie die opswaai in buitelandse direkte investering in Suidelike Afrika demp nie. Hierdie optimisme word egter getemper deur die institusionele en beleidsomgewing in hierdie lande: Nie alle beleggings was suksesvol nie, omdat politieke, ontwikkelings- en maatskaplike uitdagings entrepreneurs en bestuurders op verskeie maniere kniehalter. Hierdie kursus is daarop gemik om studente te help ondersoek instel na die eiesoortige institusionele en beleidsfaktore in Suider-Afrikaanse lande wat toekomstige entrepreneurs en bestuurders nie alleen sal help om die uitdagings te verstaan waarvoor hulle ondernemings te staan sal kom nie, maar ook om die geleenthede uit te wys wat hierdie snel groeiende streek bied.


> Klik hier​ om ander FVZS - pasgemaakte programme te sien.




​​