Student Affairs
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Afrikadinamiek

Die Afrikadinamiek-program ondersoek en ontwikkel leierskap deur op temas soos demokrasie, geregtigheid, menseregte en sosiale verantwoordelikheid te fokus, beskou deur ’n Afrikalens. Die program bestaan uit twee fases: Eerstens is daar ’n lesingreeks wat die ontwikkeling van geregtigheid in Afrika, spesifiek in Suid-Afrika, deur die lens van menseregte ontleed. Die teorie wat aktiewe burgerskap onderlê, word ook gedek. Die tweede fase neem deelnemers op ’n reis van ervaringgerigte leer waartydens hulle organisasies soos die Distrik 6 Museum, Equal Education en die Instituut vir Geregtigheid en Versoening besoek om die praktyk en verskyningsvorme van geregtigheid en aktiewe burgerskap te begryp.


> Klik hier​ om ander FVZS - pasgemaakte programme te sien.​