Metanoia Leierskapkursus


Die Metanoia Leierskapkursus (MLC), word deur die koshuis Metanoia in samewerking met die FVZSI aangebied. Dit is ’n reformatiewe en opvoedkundige platform waarop studente sosiale kwessies wat vir verskillende studentegemeenskappe aan die US en in Suid-Afrika in die breë tersaaklik is, kan bespreek en daarmee omgaan. Die kursus dien as platform waar studente deur die lens van identiteite hulle kennis kan uitbrei en hulle rol kan ondersoek deur as aktiewe burgers die sosiale kwessies onder die soeklig te plaas wat in die kursus aan die beurt kom. Verder dien dit ook as platform vir vaardigheidsontwikkeling wat bevoegde leiers kweek – leiers wat toegerus is om die kennis wat hulle opdoen, toe te pas en te benut tot voordeel van hulleself en die gemeenskappe wat hulle dien.


Vir meer inligting, stuur 'n e -pos aan ​ fvzs@sun.ac.za.