Student Affairs
Welkom by Universiteit Stellenbosch

 

​​FVZS FAQ.png

1. Hoeveel kos 'n kortkursus, en kan dit op my studenterekening afgetrek word?
Kortkursusse kos R625 vir Suid-Afrikaanse en SAOG-studente, en R1 875 vir internasionale studente. Ons Graduandiprogram kos R925 en R2 775, onderskeidelik.
Daar is verskeie betaalopsies beskikbaar. Die koste kan ook teen jou studenterekening gedebiteer word.

2. Hoe lank duur die kortkursus?
Die kursus duur een semester, met een sessie per week vir ongeveer agt tot tien weke. Weens die huidige Covid-19 pandemie word alle kortkursusse aanlyn via SUNOnline aangebied in kombinasie met intydse sessies via die Microsoft Teams-platform.

3. Hoe werk die aansoekproses?
Die US Afdeling Kortkursusse administreer die aansoeke vir al ons kursusse. Om in te skryf, moet jy die aansoekskakel volg wat die FVZSI-span sal stuur, en die velde daar invul. Nadat jou aansoek ingelewer is, keur ons dit voordat die FVZSI-span jou sal kontak met al die tersaaklike inligting, soos betalingsbesonderhede en die datum waarop die kortkursus begin.

4. Wat is die status van die kortkursuskwalifikasie?
FVZSI-kortkursusse word as geregistreerde opleidingsgeleenthede aan die US erken. Deelnemers wat dit suksesvol afgehandel het, ontvang erkenning daarvoor op hulle akademiese rekord.

5. Is daar beurse beskikbaar?
Daar is beperkte beurse beskikbaar, wat op grond van behoeftigheid toegeken word. Beurse word ook deur – onder meer – koshuise, klusters, die Akademiese Belangeraad, die SR, die TSR, die TPSR en US-verenigings aangebied.