Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Tegnologie en Menslike Hulpbronne-vir-Nywerheidprogram (THRIP)

Die Tegnologie en Menslike Hulpbronne-vir-Nywerheidprogram (THRIP) fokus op vennootskappe tussen die nasionale Departement van Handel, Nywerheid en Kompetisie (DTIC) en Suid-Afrikaanse maatskappye (in samewerking met akademia).  THRIP ondersteun toegepaste navorsings- en innovasieprojekte op die gebied van wetenskap, ingenieurswese en tegnologie op 'n koste delingsbasis met die bedryf en fokus op die opleiding van menslike hulpbronne en die ontwikkeling van nuwe, kommersialiseerbare tegnologie om die Suid-Afrikaanse bedryf meer kompeterend te maak.

Die Aansoeker (Industrievennoot) moet in Suid-Afrika geregistreer wees as 'n onafhanklike regsentiteit in terme van die wetgewing op maatskappye, beslote korporasies, kooperatiewe, of nie-winsgewende organisasies (NPO) en moet 'n navorsingsooreenkoms met minstens een Suid-Afrikaanse navorsingsinstansie hê wat 'n publieke Hoëronderwysinstelling (HEI), 'n Wetenskap, Ingenieurswese of Tegnologie Instelling (SETI) of 'n Nasionale Navorsingsinstelling kan wees. Die THRIP-befondsingsbydrae word bereken deur 'n formule toe te pas wat die grootte (groot of SMME) en B-BBEE status van die bedryfsvennoot en 'n moontlike vennootskap met 'n voorheen-benadeelde swart universiteit as die hoofnavorsingsvennoot, in ag neem. ​

THRIP is 'n kostedelingstoekenning van tot R 5 miljoen per jaar vir 'n maksmum van drie jaar.  Inligting rakende oproepe vir aansoeke, die nuutste weergawe van die THRIP-riglyndokument, aansoek- en ander vorms kan van die DTIC-webblad​ afgelaai word.

Kontak:
user.png Sarita Groenewald
email.png Email Sarita​