Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Projekrekenmeesters

​​​**Projekrekenmeesters is beskikbaar vir hulp met die finansiële aangeleenthede rakende kontraknavorsing.

Dienste wat gelewer word sluit in:

  • Ondersteun en adviseer projekleiers (navorsers) met die volgende:
    • Opstel van projekbegrotings en navorsingsvoorstelle (insluitend NIH, EU, USAID, DWT, ens.)
    • Evaluering van die finansiële aspekte van ‘n navorsingskontrak en toekenning
  • Finansiële en kontraktuele bestuur van navorsingskontrakte
  • Bestuur en fasilitering van raakvlakke tussen die navorsingsomgewing en die Afdelings Finansies en Navorsingsontwikkeling
  • Skakeling met nasionale en internasionale befondsingsinstansies
  • Opstel van bestuurstate en finansiële projeksies
  • Opstel van finansiële state sowel as state wat aan die befondsers se vereistes of IFRS voldoen
  • Voorbereiding van ouditwerkspapiere en skakeling met die ouditeure
U word vriendelik versoek om reeds tydens die opstel van die projekvoorstel die projekrekenmeesters te kontak vir hulp met bogenoemde aangeleenthede.

Kontak:

user.png Suzette Els ​​  (Projekrekenmeester)
phone-call.png 021 808 9963
email.pngEmail Suzett​e​

user.png Landiwe Daka ​ ​​ (Projekrekenmeester)
phone-call.png 021 808 9963
email.pngEmail Landiwe​

​​user.png Eugene Baugaard (Hoof: Navorsingstoekennings​ - Tygerberg) 
phone-call.png 021 808 9126
email.png Email Eugene