Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Opstel van begrotings (Volkoste)

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​OPSTEL VAN BEGROTINGS

n Gedetailleerde begroting moet vir elke navorsingskontrak wat finansiële implikasies het, opgestel word. Sommige befondsingsinstansies is baie voorskriftelik rakende die items wat befonds kan word en wat dus by begrotings ingesluit kan word. Verder is dit ook belangrik om seker te maak dat die begroting volledig is en alle moontlike kostes inlsuit. U word vriendelik versoek om reeds tydens die opstel van die projekvoorstel die projekrekenmeesters te kontak vir hulp met die opstel van ‘n begroting.

DOEL VAN DIE VOLKOSTE BELEID
Die doel van die beleid is om ‘n standaard volkosteberekeningsbasis  daar te stel vir die berekening van die kostes verbonde aan navorsing- en navorsingsverwante kontrakte aan die US.

AGTERGROND
Ingevolge die nuwe Wet insake Intellektuele Eiendomsreg voortspruitend uit Navorsing met Openbare Befondsing, Wet 51 van 2008, sal enige navorsing wat deur private befondsing op ‘n volkoste basis onderneem word, normaalweg nie onderworpe wees aan die betrokke wetgewing nie (verw, klousule 15.4 van die betrokke Wet).  Dit is dus in die belang van die US en sy navorsingsvennote om waar van toepassing, toe te sien dat die kostering van alle navorsing- en navorsingsverwante kontrakte op ‘n volkoste basis geskied.

Kontak:

user.png Suzette Els ​​ (Projekrekenmeester)
phone-call.png 021 808 9963
email.pngEmail Suzett​e​

user.png Landiwe Daka ​(Projekrekenmeester)
phone-call.png 021 808 9963
email.pngEmail Landiwe​
user.png  Audrey Erasmus (Volkosterekenmeester)
phone-call.png 021 808 9018
email.png Email Audrey​

user.png Chantal Hugo ​(Volkosterekenmeester)
phone-call.png 021 808 9368  
email.png Email Chantal​
user.png Faiza Majiet (Director: Financial Services)
phone-call.png 021 808 4544
email.png Email Faiza 
user.png Eugene Baugaard (Head: Grants Management -Tygerberg)  
phone-call.png 021 938 9126 
email.png Email Eugene