Shut up and write!
Is jy dringend op soek na 'n skryfgroep – veral nou met die Covid-19-pandemie? Dan het ons goeie nuus vir jou. Ons “Shut Up and Write"-sessies* word virtueel oor WhatsApp in samewerking met die US se Skryflaboratorium aangebied! Stuur 'n e-pos met jou selfoonnommer na pgskills@sun.ac.za as jy daardie tesis een pomodoro op 'n slag geskryf wil kry!
*Shut Up-sessies is informele geleenthede waar skrywers weekliks byeenkom om te skryf. Die doel is om 'n produktiewe, kollegiale en aangename skryfruimte te skep. Alle nagraadse US-studente en Universiteitspersoneel wat besig is om aan hulle tesisse, proefskrifte of artikels te werk is welkom.