Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Internasionale Befondsing

​​​Internasionale navorsingsamewerking word gesien as 'n​​ noodsaaklike vereiste vir navorsingsuitnemendheid, netwerke en navorsingskapasiteitsbou by die Universiteit Stellenbosch. US navorsers het nie net kern rolle in leidende internasionale konsortia wat globale sake ondersoek nie, maar navorsers neem ook aktief deel in die Suid-Afrikaanse staat se bilaterale en trilaterale wetenskap en tegnologie ooreenkomste met meer as 30 vennootskap lande en aan projekte wat deur internasionale skenkers befonds word. Verder neem navorsers deel aan internasionale konsortia in die Europese Unie se Horizon2020 Navorsing en Innovasie programme. Horizon2020 toekennings wat aan US navorsers gemaak word sluit in navorsing en innovasie aksies, koö​rdinering en ondersteuningsaksies, en navorsing in innovasie personeel uitruilgeleenthede. Hierdie samewerkings lei tot 'n substansiële verhoging in die US se inkomste, dit skep en versterk uitgebreide internasionale netwerke en lei tot meer medeouteur wetenskaplike artikels. 

Die Universiteit Stellenbosch is 'n voorkeur bestemming vir baie top oorsese navorsers, met leidende internasionale akademici wat aangestel word as besoekende en buitengewone professors en PhD mede-studieleiers. Baie van hierdie buitelandse wetenskaplikes bly vir 'n verlengde periode by die US en maak 'n waardevolle bydrae tot navorsing en kapasiteitsbou-inisiatiewe. 

Eweneens reis US navorsers oorsee om met internasionale navorsingsvennote saam te werk, om as eksterne eksaminatore vir nagraadse studies op te tree, as kundiges op internasionale advieskomitees te dien, deel te neem aan die redaksies van geakkrediteerde joernale of as paneellede in die beoordeling vir internasionale befondsingsagentskappe. 

Die Afdeling Navorsingsontwikkeling bied ondersteuning vir internasionale navorsingsamewerking. 
149018470019475.png

​​​


Malene Fouche 
Telefoon: 021 808 4622
Lizél Senekal
Epos
Telefoon: 021 808 2105