Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Skep van 'n nuwe kostepunt

​​​​Die Finansiële Beleid (verw. afd. 6.1) soos  goedgekeur deur die Raad, bepaal dat vir elke navorsingskontrak met finansiële implikasies, ‘n unieke kostepunt geskep moet word. In hierdie kostepunt word die projekte wat verband hou met die spesifieke navorsingskontrak hanteer, verslagdoening bly suiwer en inkomstestrome vermeng nie. Na afloop van die navorsingskontrak word die kostepunt gesluit.

Riglyne vir die skep van ‘n nuwe kostepunt word omskryf in Afdeling 2.1 van die Finansiële Beleid. ‘n Kostepuntaansoekvorm is beskikbaar as aflaaibare dokument op Afdeling Finansies se webblad​.

Sluit van kostepunt - Verantwoodelikheid van die Departement:

Identifiseer kostepunte wat gesluit moet word en stel Finansiële Dienste of Finansiële- en Bestuurstelsels in kennis:

  • Dat die saldo van die kostepunt nul is.
  • Na watter nuwe kostepunt enige tekorte/surplusse oorgedra moet word.
  • Dat geen verlpligtinge reflekteer nie.
  • Dat geen bates op die kostepunt verskyn nie, indien wel moet die bates na ‘n aangeduide kostepunt geskuif word.
  • Dat geen salarisse uit die kostepunte betaal word nie, indien wel moet Menslike Hulpbronne in kennis gestel word van die nuwe kostepunt.

​​

Kontak:

user.pngMarinda Kotze (Finansiële- en Bestuurstelsels)

phone-call.png 021 808 3167