Die doel van die bilaterale samewerkende programme is om wetenskaplike en tegnologiese samewerking tussen Suid-Afrika en een (bilaterale) of twee (trilaterale) vennoot-lande te bevorder en om die geleentheid te bied vir jong navorsers in Suid-Afrika om interaksie te hê met navorsers oorsee, en sodoende netwerke te ontwikkel en te versterk.
Wie kom in aanmerking:
- Akademiese personeellede met 'n PhD
- Alle nasionaliteite, solank die aansoeker 'n werknemer van die US is vir die volle duur van die projek.
Hierdie oproep-gebaseerde aansoeke word op verskillende intervalle regdeur die jaar beskikbaar gestel.